Knoop (tou)

Die artikel handel oor knope in toue, vir ander gebruike, sien Knoop.
'n Wurgknoop
Wewersbind

'n Knoop is 'n metode waardeur 'n stuk lineêre materiaal soos 'n lyn of tou vasgemaak of gevleg word. Terwyl knope dikwels met tou gemaak word, kan dit ook met ander materiale, soos vislyn, gemaak word. Die knoop is gewoonlik naby die punte van die tou sodat dit aan 'n vaste voorwerp of aan 'n ander tou geheg kan word. As die tou rondom 'n voorwerp geneem word, word daarna as 'n steek verwys.

Persone van so jonk as 5 jaar leer al om hulle skoenveters vas te knoop. Knope word ook gebruik om ballonne toe te bind sodat die lug nie kan ontsnap nie. Vasgeknoopte linte word as versiering gebruik, selfs om geskenke of blomme te versier. Matrose gebruik verskillende knope om toerusting aan bote vas te knoop.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search